Sagteband

Sagtebandboeke in 'n Amerikaanse boekwinkel

[978-0-87923-333-4 1]'n Sagteband is 'n tipe boek wat deur 'n sagte omslag gekenmerk word en meestal aan die buiteblad met warm gom gebind word sodat dit 'n hoekige rugkant vorm. Gewoonlik word dik karton vir die buiteblad gebruik. Hierdie boekbindmetode is goedkoper as dié vir hardebande waar die boek onafhanklik van die hardeblad gebind en gesny word. Die omslag of hardeblad word met papier of stof oorgetrek. Daarna word die boek in die omslag stewig ingebind (meestal genaai). Soms word die hardeband nog van 'n stofomslag voorsien. Hardebande is duursamer as sagtebande.

Goedkoop boeke is sedert die laat 19de eeu as pamflette of as sensasieromans gepubliseer. Vandag word sagtebande op papier van hoë gehalte gedruk, dikwels as spesiale uitgawes van hardebandtitels met dieselfde inhoud, of as massamarktitels met papier van laer gehalte. Die laasgenoemde formaat word onder meer vir baie genrefiksietitels gekies.

Hardebanduitgawes is in baie gevalle meer winsgewend vir uitgewerye. Blitsverkopers word dus aanvanklik slegs as hardebanduitgawe gepubliseer.
Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "978-0-87923-333-4", but no corresponding <references group="978-0-87923-333-4"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search